Pous Innocentius V
Pous Innocentius V was die 185ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in 1276 van 21 Januarie tot 22 Junie. BiografiePous Innocentius V[1] is gebore as Pierre de Tarentaise ongeveer in 1224 in Tarentaise, (teenswoordig Moûtiers in die departement Savoie) Frankryk. Ongeveer in 1240 word hy 'n Dominikaanse monnik in Lyon, hy is die eerste Dominikaan om pous te word. Hy studeer teologie in Parys aan die Sorbonne Universiteit en word ook dosent. In 1272 word hy aartsbiskop van Lyon en in 1273 kardinaal-biskop van Ostia. Hy het prominent deel geneem aan die tweede konsilie van Lyon. Op 21 Januarie 1276 volg hy Pous Gregorius X op en regeer tot sy dood op 22 Junie 1276. Hy word opgevolg deur Pous Adrianus V. Die naam ‘Innocentius’ beteken 'onskuldige'. PontifikaatPous Innocentius V[2] het min vermag in sy kort pontifikaat. Hy was egter 'n vredemaker. Hy het probeer om die Welfe en die Ghibellyne in Italië te versoen, het vrede bewerkstellig tussen die stede Pisa en Lucca en het bemiddel tussen Karel van Anjou en Rudolf van Habsburg. Hy het ook probeer om die Roomse Kerk met die Oosters-Ortodokse Kerk te herenig. Hy het met keiser Michael VIII Paleologus gekorrespondeer en afgevaardigdes na Konstantinopel gestuur. Hy is egter gedwarsboom deur Karel van Anjou wat die briewe dikteer het en die taal sodanig beïnvloed het dat dit vir die keiser as beledigend geklink het. Die pous se bynaam was "famosissimus doctor" (die beroemdste doktor). VereringPous Innocentius V is op 9 Maart 1898 deur Pous Leo XIII salig verklaar. Sy feesdag is op 22 Junie. Bibliografie
Verwysings
Eksterne skakels
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
NotaSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui. Opvolging
|