Pous Leo V
Leo V was die 118de pous van die Rooms-Katolieke Kerk. BiografiePous Leo V is waarskynlik gebore in Ardea, Italië. In Julie of Augustus 903 volg hy Pous Benedictus IV op en regeer tot hy deur die kardinaal en Teenpous Christoforus gevange geneem en afgeset word, nadat hy slegs 30 dae regeer het. Hy word opgevolg deur Pous Sergius III. Die naam ‘Leo’ beteken 'leeu'. PontifikaatDaar is min bekend oor Pous Leo V. Volgens 'n Bretonse legende het Sint Tugdual, die patroonheilige van Treguier, as pelgrim na Rome gegaan het en is daar tot pous verkies. Ondersteuning vir die storie word gevind in die feit dat Leo V in die amptelike lyste aangegee word as "Leo britigena". Volgens ander bronne kom hy uit Priapi, 'n dorpie naby Ardea, suid van Rome. Blykbaar was hy voor sy verkiesing nie 'n kardinaal nie. Slegs een besluit van Leo V is bekend, waar hy 'n groep kanunnike uit Bologne vrygestel het van 'n aantal belastings. Sy dood is ook in onsekerheid gehul. Volgens sommige bronne is hy deur Christoforus gevange geneem en verwurg[1] en ander bronne meen dat hy deur Pous Sergius III wat Christoforus 'n paar maande later verdryf het, bevry is en dat hy sy laaste dae in 'n klooster deurgebring het. Bibliografie
Verwysings
Eksterne skakelsDie Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
NotaSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui. Opvolging
|