Pous Donus
Donus (ook gespel 'Donos' of 'Domnus') was die 78ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. BiografiePous Donus is gebore in Rome as die seun van Mauricius. Op 2 November 676 volg hy Pous Adeodatus op en regeer tot sy dood op 11 April 678. Hy word opgevolg deur Pous Agato. PontifikaatPous Donus was 'n fel teenstander van die Monotelitisme. Hy het die binnehof van die Sint Pieterskerk met marmerblokke laat plavei en ook ander kerke in Rome soos Sint Eufemia op die Via Appia en Sint Paulus buite die mure, laat restoureer. Hy het 'n groep Nestoriaanse monnike uit die Boethius-klooster laat verdryf en die klooster aan Katolieke monnike gegee. Hy het 'n ooreenkoms met Reparatus, aartsbiskop van Ravenna bereik, wat Ravenna weer onder die gesag van die pous gebring het. Sy beleid ten opsigte van Konstantinopel was gemik op versoening. Die Liber Pontificalis (LP II, XVIII & 256) noem 'n brief van 'n Pous Donus II, dit is egter 'n fout weens die verwarring van die titel 'Domnus' (dominus) en die naam Donus. Die brief behoort aan Pous Benedictus VI. VereringPous Donus word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 20 Januarie. Bibliografie
Eksterne skakels
NotaSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia. Opvolging
Information related to Pous Donus |